ToekomsVenster: Gasvryheid evangelisasie

vriende-kampvuur-gasvryheid-kuier

Foto: Unsplash/Pixabay.com

“Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla.” – 1 Petrus 4:8-9

Hoe kan jy mense in ’n diep belewenis van God se gasvryheid intrek deur jou blyplek? Wie mag dalk versterkings benodig in hulle stryd teen eensaamheid? Wie is die mense wat in my huis bymekaar kan kom ter wille van die uitbreiding van die Koninkryk? Watter twee of drie mense se aanvullende vermoëns kan dalk ontplof in ’n nuwe bediening as hulle vir net twee ure bymekaarkom vir ’n dinkskrum oor aandete in my huis? Moet nooit die krag van jou woonkamer onderskat as ’n lanseerplatform vir nuwe lewe, hoop, bediening en sending nie!

Dink hieraan

Dis besonders dat daar verskeie maniere is waarop ons die liefde van God in Christus ons Here met mense kan deel. Ons verskil van mekaar, ook wat ons gawes betref. Sommige mense vind dit regtig moeilik om met ander, veral onbekendes, in gesprek te tree. Gasvryheid is ʼn ander manier waarop Jesus se omgee gedemonstreer kan word. Gasvryheid sluit ʼn glas koue water op ʼn warm somersdag in, ʼn geskenkpakkie by die hek, of ʼn warm baadjie vir iemand wat koud kry. As dit met ʼn gewillige hart en ʼn warm glimlag gepaard gaan, spreek dit boekdele. Dit sê “jy is welkom in my wêreld en ek is bly om deel van joune te wees.”

Gebed

Here, ek verklaar dat alles wat ek het, ek van U ontvang het. Help my asseblief om ’n goeie rentmeester van elke vertrek van my blyplek, veral my kombuis, eetkamer, leefkamer en gastekamer, te wees. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rietjie ·

Ek het ‘n paar ou mense oorgenooi en uit my pad gegaan om lekker eetgoed en potte warm tee vir hulle aan te dra. Ongelukkig het die tannies van almal geskinder en geskimp vir my besittings en die oompies kon hulle hande nie tuishou nie en het my probeer betas, so mens moet maar versigtig wees met mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.