ToekomsVenster: Gawes sonder liefde vermag niks

blou-blomme-blommetjies

Foto: Annie Spratt/Unsplash.com

Lees gerus weer die bekende gedeelte in 1 Kor. 13 en let op watter geestelike gawes aan die orde gestel word. Die spreek in tale sonder liefde is net ʼn geraas. Geloof, selfs in dié mate dat berge versit kan word, beteken niks sonder die liefde nie. Jesus het juis gesê dat geloof so groot soos ʼn mosterdsaadjie ʼn berg in die see kan laat beland.

Uiteraard bedoel Jesus dit metafories in die sin dat geloofsvertroue in God merkwaardige dinge tot stand kan bring. Dit is na alles nie ons groot geloof nie, maar ons groot God. Hy is tot alles in staat. Niks is vir Hom onmoontlik nie.

Profesie is ʼn pragtige gawe. Dis nie net Woordverkondiging en getuienis nie, maar die vermoë en genade om nommerpas in iemand anders se lewe in te spreek en perspektief te gee. Geheimenisse word weliswaar geopenbaar omdat die profeet meermale nie kon geweet het wat in die ander gelowige se lewe relevant is nie.

Selfs daardie gawe sonder liefde vermag jy niks nie. Om jou liggaam te gee om verbrand te word en alles uit te deel wat jy het, is blote humanisme en filantropie sonder die liefde. Die vraag is uiteraard wat vir jou en my belangriker is. Die beoefening van al hierdie uitnemende gawes beteken niks as dit nie gerugsteun word deur die liefde nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.