ToekomsVenster: Gebed het ‘n kragtige uitwerking

Argieffoto: Pixabay

Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking. Elia was ‘n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie. Toe het hy weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy oes gelewer. – Jak.5: 16b-18

Gebed is ʼn sentrale tema in Jakobus se denke. Oudergewoonte trek hy ʼn gepaste voorbeeld of twee na vore om sy saak te versterk. Ons is bekend met die merkwaardige optrede van Elia voor die volk van die Here maar hulle is diep in vertwyfeling en nie meer seker dat die Here is wie Hy sê Hy is nie.

Omring van Baal en ander profete het Elia nie gehuiwer om God vir ʼn wonderwerk te vertrou nie. Sy vrymoedigheid en geloofsverankerdheid waarmee hy bid is opvallend. Ons lees dat hy droogte aankondig en ewe kordaat stel dat dit eers weer sal reën as hy so sê.

Elia weet wie hy is, waarvoor die Here hom roep en bemagtig. Hy ken die Here as ʼn waarmaker van sy Woord. Gebed doen wat ander dinge nie kan doen nie. Gebed is die wyse waarop God besluit het om te werk in omstandighede en lewens. Gebed is geloofsvertroue in God. Dis ʼn bevestiging van sy beloftes en ʼn verklaring van ʼn mens se afhanklikheid. Gebed komplimenteer God. Dis bewondering en bevestiging. Gebed is hartstaal. Dis vertroue.

Moenie huiwer om te bid nie. Elia was immers ʼn mens net soos ons. Daarmee bring die skrywer dit wat in Elia se lewe gebeur het binne bereik van elke gelowige. Wanneer gewone gelowiges bid gebeur dinge. Ons kan stellig verklaar dat die wêreld sal verander as gelowiges, gewone gelowiges bid.

For me, prayer is an aspiration of the heart, it

is a simple glance directed to heaven, it is a cry

of gratitude and love in the midst of trial as

well as joy; finally it is something great,

supernatural, which expands my soul and

unites me to Jesus

– St. Therese of – St. Therese of Liseiux

En:

Prayer is, at the root, simply paying attention to God. – Dr Ralph Martin

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.