ToekomsVenster: Gebreek deur keuses


keuses

Foto: Argief.

Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus. Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë. U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig. Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het. – Psalm 51:5-7

Ek is seker dat jy hierdie woorde saam met my kan herhaal. Ons lewensverhale is nie “kruin-van-golf” materiaal nie. Verkeerde keuses maak dit eerder ’n val-en-opstaan lewe.

Dawid se lewe is vol verkeerde keuses – al was hy die man na God se hart.

Ds. Jannie Pelser vra in vandag se ToekomsVenster-oordenking dat ons nadink oor die verkeerde keuses in ons lewens en die gevolge daarvan. “Die Here ken jou. Dank die Here dat jy sonder maskers voor Hom kan staan – ook met die verkeerde keuses wat jy gemaak het,” sê Pelser.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.