ToekomsVenster: Gebreek deur omstandighede


Gebreek-deur-omstandighede

Foto: Argief.

Soms is ons lewens gebreek deur omstandighede – nie ons keuses nie. Ons kies nie om in ’n bepaalde gesin groot te word nie. Ons kies nie ons ouers, broers en susters nie. Ons nie om kanker te kry nie. Ons kies nie wanneer ons huweliksmaat iemand anders bo ons verkies nie. Ons kies nie wanneer ’n ander bestuurder ’n sperstreep ignoreer en teen ons kom vasjaag nie. Ons kies nie dat ons ouers skei nie.

Soms breek omstandighede ons – emosioneel, geestelik, fisies.

Dawid herinner ons daaraan dat sy lewe ook stukkend was. Ons kan besluit dat ons op ons bed gaan rondrol en probeer om ons eie planne te maak. Ons kan ook besluit om die raad van Dawid te volg, naamlik om die Here te vertrou.

“Bely vandag elke uur jou afhanklikheid van God,” sê ds. Jannie Pelser van die ToekomsVenster-inisiatief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

john Steyn ·

Ek wil net graag weet of Ds Pelser die een van TB Joshua faam is. Dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.