ToekomsVenster: Geduld, nog ʼn waarde vir ons tyd


geduld-ou-man-wat-visvang

Foto: Commons.wikimedia.org

Maar hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Hoe kan Ek jou laat vaar, Israel? Hoe kan Ek jou vernietig soos Adma, met jou maak soos met Sebojim? Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk. – Lees Hosea 11:8

Uit God se liefdeskeuse weet ons ook hoekom Hy die bose kon troef.  Liefde is sterker as haat.  Vergifnis triomfeer bo vergelding.  As dit nie so sou wees nie, sou daar geen hoop wees nie en sou die bose die wêreld regeer.  Inderdaad beleef ons boosheid waar ons oorgee aan haat en vergelding en onverdraagsaamheid. Dit is hoekom ons geduld as waarde móét koester.  Daarsonder sal ons mekaar vernietig.

Paulus moedig ons aan dat ons mekaar se swakhede moet verdra (Kol 2:13-14).  Ons moet daarom telkens onthou hoe God deurentyd sy toorn moet bedwing om ons nog ‘n kans te gee.  Hierdie selfbeheersing van God maak van Hom ‘n liefdevolle God.  Ons geduld maak van ons liefdevolle en vergewende mense.

Ons het in ons land baie geduld en vergifnis nodig.  Daar is soveel opgehoopte woede en onverdraagsaamheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.