ToekomsVenster: Gee die God toegang


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

1 Kor. 3:16,17

16 Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? 17 As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die tempel van God is heilig, en die tempel is julle.

Die Heilige Gees wil ons in ons totale menswees beheer en bewoon. Ons word maklik verlei om “geen toegang” bordjies by sekere aspekte (deure) van ons lewe aan te bring. Ons wil nie hê God moet weet waarmee ons besig is nie en verbied Hom effektief toegang. Alles lê egter “oop en bloot” voor die Here en ons mag net sowel leer om eerlik en sonder voorgee en pretensie voor die Here te lewe. Hy deurgrond elkeen van ons gedagtes. Ons kan niks van Hom weerhou of vir Hom wegsteek nie.

HEBREËRS 4:12

Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.