ToekomsVenster: Geen einde aan die Here se genade

(Foto: Jannie Pelser)

Deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. – Klaagliedere 3:22-23

Ons het onlangs by die see gekuier, te lekker en ʼn heerlike voorreg. Daar is soveel interessanthede wat ʼn mens se aandag trek en herinner aan kosbare Evangeliese waarhede. Ek wil graag gedurende hierdie week paar sulke indrukke met jou deel.

Dit blyk dat sommige mense glo dat seewater genesende kwaliteite besit as jy daarvan sou drink. Ek onthou dat ons altyd vir ons huishulp Gladys seewater moes saambring juis vir daardie doel. Hier waar ons kuier sien jy daagliks mense water skep in al wat houer wat hulle in die hande kon kry.

Op die foto kan gesien word hoe ʼn moedige man sommer ʼn hele paar houers by hom het. Hy is doelgerig op pad see toe waar die kanne vol genesende krag geskep gaan word. Terwyl ek die gedoente gade slaan het ek daaraan gedink dat die see nie leeg geskep kan word nie. Dit is vir alle praktiese doeleindes onbeperk.

So is dit ook met God se genade, die genade wat Hy openbaar teenoor sy kinders. Ten spyte van goeie bedoelings stel ons Hom daaglikse teleur. Ons liefde is gebrekkig en ons vooroordele soms kru. Ons is hoogmoedig, trots en selfvoldaan. Ons is dikwels self geregverdig en onwrikbaar in ons oortuigings. Ons gaan mank aan die Christus karakter en is nie altyd goeie voorbeelde van Koninkryksgesante nie.

Tog is God se genade daar om ons te vergewe, nuut toe te rus, te ondersteun en te Koester.

Voel jy soms asof die Here moontlik met jou moed opgegee het.

Nog minder as wat jy die see kan leegskep kan jy God se genade uitput.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie ·

As ek terug kyk op my lewe besef ek opnuut alles,alles álles is net genade! Sonder my Redder is ek niks en tot niks in staat. Prys die Here!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.