ToekomsVenster: Geen verskonings, doen die regte ding

voetspore

Foto: Sebastian Palomino/Unsplash.com

As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde. – Jak. 4:17

Daar is min Christene wat onkunde as verskoning kan gebruik wanneer dit by die verkeerde kom.

Benewens die stil stem van die Heilige Gees wat kragtens die wedergeboorte in ons harte woning kom maak het, het ons die onfeilbare Woord van God as rigsnoer van en vir ons lewens. Meeste van ons getuig dankbaar van ʼn Christelike basis wat deur veral ons ouers, bygestaan en ondersteun deur die kerk, steeds in besondere mate die skool asook ʼn vry media, gelê word. Daarbenewens is daar soveel geleenthede om te wete te kom wat die Here se wil en plan vir ons lewens is. Christelike boekwinkels is oral beskikbaar om nie van sosiale media en sy vele platvorms te praat nie.

Ek dink ek sou sonder veel vrees vir teëspraak kon sê dat die meeste mense in elk geval instinktief weet wat gepas en wat nie aanvaarbare gedrag is nie. Om dan onskuld te pleit is ʼn futiele oefening.

Ons mag nie die volle implikasie van ʼn handeling verreken nie en ons mag nie die konteks waarbinne sekere gedrag aanbeveel of verbied word ten volle verstaan nie, maar dit kan nie as verskoning aangebied word waarom ons willens en wetens die verkeerde doen nie. Die teksvers sê, as ons weet wat die regte ding is om te doen en dit nie doen nie, is dit sonde.

As iemand egter twyfel en tog eet, is hy klaar veroordeel omdat hy dit nie uit geloofsoortuiging doen nie. En enigiets wat ‘n mens nie uit geloofsoortuiging doen nie, is sonde. – Hand. 14:23 

Die reikwydte van die teks is egter breër as die etiese. Dit staan ook in verband met God se plan vir hierdie wêreld, met name die koms van sy koninkryk en hoedat hy ons wil gebruik om daaraan gestalte te gee.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.