ToekomsVenster: Geld … Geld … Geld …

geld-munte-kleingeld

Foto: Negative Space/Pexels.com

“… alles kos geld.” – Prediker 10:19

Raak prakties

Geld is ’n integrale deel van almal se lewe. Dus moet geld korrek bestuur word. As gelowiges kan ons ook wysheid van die Here vra rakende hierdie belangrike aspek van ons lewens. Bid en vra die Here om jou te help om jou persoonlike finansies met wysheid te bestuur.

Iets om oor na te dink

Omdat geld so ’n prominente rol in ons lewens speel, is dit baie moontlik dat geld ’n “meester” vir die gelowige kan word. Die probleem met geld as meester is dat hy heel waarskynlik die gelowige se lewe sal dikteer. Die regte plek vir geld is egter dat dit ’n slaaf moet wees. As geld die slaaf is en die gelowige die meester, is dit juis die meester wat opdragte uitdeel. Op so ’n manier kan geld baie goeie dinge doen in die hand van die gelowige. Wees dus altyd in beheer van jou geld.

Gebed

Baie dankie Here vir my inkomste. Help my asseblief om ten alle tye verantwoordelik te wees met my geld.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.