ToekomsVenster: Geld is ook saad

geld-groei-02

Foto: Pixabay/Pexels.com

“Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.” – Spreuke 3:9–10

Raak prakties

In 1 Korintiërs 16:1-4 bied Paulus goeie praktiese riglyne wanneer dit kom by die gemeente kollekte. Vers 2 verklaar dat elkeen elke Sondag na sy vermoë tuis iets opsy moet sit. Dus moet GEE ’n lewenstyl wees vir alle gelowiges. Beplan en prioritiseer weekliks jou liefdesgawe.

Iets om oor na te dink

In die Nuwe Testament verwys Paulus na geld as “saad”. Alhoewel saad baie eienskappe het, verwys ek graag hier na drie van daardie eienskappe. Een van die eienskappe is “net dit wat jy saai, sal jy maai.” Nog ’n eienskap is dat “jy altyd meer oes as wat jy geplant het.” Verder oes jy altyd “in ’n ander seisoen as wanneer jy gesaai het.” As geld as saad gesien word, beteken dit dat die saaier (die boer) nou die bepaler word wanneer dit by saai kom.

Gebed

Baie dankie Here vir die voorreg wat ek het om in U koninkryk te kan belê en ook ander te kan seën.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andre ·

Ek sit nou nogal met ‘n verwarrende vraag in my kop.
Verwys die offerande direk na die tiende wat spesefiek na die kerk toe gaan, of is bepaal dit dalk ook vir goed doen soos om medemens te help?

Eish ·

Goeie vraag.
In die Bybelse tyd was daar drie tiendes.
Die eerste tiende was vir die Leviete, wat geen grondgebied in Israel ontvang het nie, as inkomste. Op hul beurt het hul n tiende daarvan aan die Priesters gegee.
Die tweede tiende het gegaan om jou en jou gesin by die Feesdae te kry en onderhou soos byvoorbeeld, Pinkster, Fees van ongesuurde brode en Huttefees.
Die derde tiende het jy oor n 7 jaar periode gespaar en dit het uitsluitlik aan die armes gegaan.
Paulus het nooit gekollekteer vir homself nie. Hy het homself onderhou, alhoewel sommige in sy nood voorsien het toe hy in gevangenisskap verkeer het. Hy het uitsluitlik gekollekteer vir gemeentes wat swaargekry het deur byvoorbeeld, droogte.
Ons het nie meer Leviete nie. Die tempel is vernietig. Ons is die tempel waar ons Skepper deur Sy Gees woon. Help dus jou naaste.
Op n plek trek die Jeshua juis te velde teen iemand wat nie sy ouers in nood help nie, want sy gawe is aan die tempel belowe.
Die taak om armes te help is ons taak, nie die kerk sin nie. Deur die armes direk te help, kom jou hele rand by hul uit. Deur dit van die kerk te verwag, kom daar dalk 5 sent in die rand by hul uit. Die rand ondergaan n metamorfose nadat salarisse, dienste, onderhoud ens. dit reduseer tot n niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.