“Eet bring plesier, wyn vrolik die lewe op, maar alles kos geld.” – Prediker 10:19
“Alles kos geld.” Hierdie waarheid word ook bevestig met alledaagse uitlatings soos “die lewe is duur,” “’n mens kan niks sonder geld doen nie” en “niks is verniet nie.” Dus is dit van kritiese belang dat my geld, of dan my inkomste en uitgawes, bestuur moet word.
Raak prakties
Om finansieel verantwoordelik te wees, vra dat ’n mens met ’n finansiële plan moet werk. Hierdie plan word ’n begroting genoem wat jou help om jou inkomstes en uitgawes te bestuur.
Iets om oor na te dink
Die meeste mense spandeer na skool hulle hele lewe in die ekonomiese wêreld waar geld gemaak en spandeer word. Tog weet ek van geen skool wat kinders vir hierdie wêreld voorberei nie. Dit beteken dus dat die onus op jouself rus om jouself te skool in hierdie belangrike wêreld. Wat het jy al in terme van hierdie uitdaging gedoen om jouself te skool in die finansiële wêreld? As jy suksesvol in die ekonomiese wêreld is, het jy al ander daarmee gehelp?
Gebed
Here, baie dankie vir dit wat ek verdien. Ek bid dat U my sal help om verantwoordelik met my geld te werk.
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.