ToekomsVenster: Geld moet verdien word


geld-groei-finansies-01

Foto: Biosci/Commons.wikimedia.org

“Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: ‘Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit.’” – Genesis 1:28

Die eerste opdrag wat God aan die mens gegee het, was om te werk. Tog sien baie mense werk vandag as ’n straf of ’n onaangename taak. Alhoewel werksomstandighede en die tipe werk wat ek doen uitdagend kan wees, speel werk ’n belangrike rol in die lewe van elke
mens. Werk is ’n belangrike aktiwiteit in die lewe van die mens, want werknemers of werkgewers bied ’n platform vir beide om kreatief te wees, ander te dien en ’n inkomste te verdien om aan my gesin te kan voorsien. Vir gelowiges is daar iets meer in werk en dit is die woorde van Paulus – in alles wat jy doen, doen dit asof jy dit vir die Here doen. Dit beteken dat werk met die regte gesindheid vreugdevol kan wees.

Om egter geld te verdien, vra die meeste van ons daaglikse tyd. Wees dus getrou, eerlik en gee altyd jou beste, want dit is wat God van jou verwag wanneer jy werk. Wees passievol oor jou werk, want dit gaan jou entoesiasties en opgewonde maak om jou beste te lewer.

Gebed

Baie dankie Here dat ek in staat is om geld te verdien. Help my dat ek getrou sal wees en dat ek sal werk asof ek vir U werk. Seën asseblief die werk van my hande.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.