ToekomsVenster: Geld, soos alle ander mooi dinge, is ’n gawe van God

geld-munte-in-bottel

Foto: Michael Longmire/Unsplash.com

En nou, julle rykaards, kerm en kla oor al die swaar wat oor julle gaan kom. Julle rykdom sal tot niet gaan en julle klere sal deur motte opgevreet word, julle goud en silwer sal verroes. Die roes sal teen julle getuig en aan julle vreet soos ‘n vuur. Julle maak skatte bymekaar, en dit terwyl dit die laaste dae is. – Jakobus 5:1-3

Die futiliteit van vertroue in verganklike dinge soos aardse skatte word hier aan die orde gestel. Presies waarna Jakobus verwys wanneer hy byna profeties praat van swaar tye wat kom, is nie duidelik nie. Jesus het ook gesê moenie vir julle skatte bymekaar maak waar mot en roes verniel nie. Die gelykenis van die ryk man en Lasarus is bekend. Die jongman wat bedroef weggegaan het van Jesus nadat hy aangesê is om sy goed te gaan verkoop, die opbrengs vir die armes te gee en dan vir Jesus te volg, is ook bekend. Jesus het ook daarop gewys dat dit moeilik is vir ʼn ryk man om in die koninkryk te kom juis vanweë die verleiding van aardse dinge. Die dissipels was nogal onthuts daaroor omdat rykdom allerweë as die seën van God en sy tevredenheid met ʼn lewe interpreteer is. Nou praat Jesus op ʼn manier wat hulle nie verstaan nie. Ek herinner myself ook aan die keuse wat Salomo uitgeoefen het toe hy voor die keuse van rykdom of wysheid gestel is.

In die ou Testament help die prediker ons om te verstaan hoe sinloos dit is om op verganklike dinge te bou.

Alles wat ek begeer het, het ek my veroorloof; ek het my geen plesier ontsê nie. Alles waarmee ek my besig gehou het, het my plesier verskaf. Dit was my beloning vir al my inspanning. Maar toe ek goed nadink oor alles wat ek gedoen het en oor alles waarmee ek my met soveel sorg besig gehou het, het ek gesien dat alles niks was, ‘n gejaag na wind. In hierdie wêreld bevredig niks nie. – Prediker 2:10-11

Uiteraard is rykdom nie die probleem nie maar die plek wat dit inneem. Dit is baie moeilik om geldhonger, materiële besit tevrede te stel. Rykdom sukkel met die begrip genoeg. Dit voel ook ongemaklik met die gedagte van deel en uitdeel. Geld soos alle ander mooi dinge is ʼn gawe van God mits dit op die regte wyse aangewend word. Dit kan ook die verderf beteken vir wie homself konsekwent daardeur laat verlei.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Staak saam ·

In Genesis, En jy sal jou brood op die sweet van jou aangesig verdien, ons moet net verstaan dat alles in jou lewr uit genade is en nie gawes nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.