ToekomsVenster: Geloof en gehoorsaamheid

Geloof

Argieffoto.

Julle sien dus dat ‘n mens vrygespreek word op grond van sy dade en nie net op grond van sy geloof nie. Is Ragab die prostituut nie ook vrygespreek op grond van wat sy gedoen het toe sy die verkenners weggesteek en hulle met ‘n ander pad laat ontkom het nie? – Jak. 2:24-25

Jakobus gebruik nog ʼn voorbeeld uit die Bybel waarmee lesers vertroud is. Die bekende verhaal van Ragab wat die verspieders versteek het en toe met ʼn mandjie na veiligheid gesak het word in herinnering geroep. Toe Israel die stad inneem het die rooi linne wat by haar venster uitgehang het redding beteken vir haar en haar gesin. Sy is soos Abraham eweneens op grond van dade wat saamhang met geloof vrygespreek, geregverdig, aanbeveel.

Ragab se verlede het haar vooruitgeloop. Waarmee sy haarself besig gehou het is bekend. Die interessante is dat sy ook in die geslagsregister van Jesus opgeneem is.

Mense wat bereid is om hul ten volle op God te verlaat word vrygespreek.

‘n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood. – Jak. 2:26

Nogmaals ʼn duidelike voorbeeld waarmee almal kan identifiseer. Soos die lewe en asemhaal met mekaar saamhang, hang geloof en konkrete dade van gehoorsaamheid met mekaar saam.

Jakobus snoer die monde van sy kritici.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.