ToekomsVenster: Geloof en jou dade

sonsopkoms-berg

Foto: Tiplada Mekvisan/Unsplash.com

Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ‘n geloof ‘n mens red? – Jak. 2:14

Bybels verstaan ons, dat ons redding, volledig op genade berus. Die onverdienstelike karakter van ons verlossing, is ononderhandelbaar. Daar is letterlik niks wat ons kan aanbied wat ons kan loskoop van die mag van sonde nie.

Alles, alles is genade, onverdiende guns alleen. Inderdaad.

Jakobus is in sekere teologiese kringe aanvanklik nie as gesaghebbend erken nie omdat hy op ʼn manier die orde omkeer. Hy stel goeie dade en praktiese uitlewing gelyk met geloof. Jakobus redeneer dat geloof sonder dade bedrog is.

As jy glo bewys jou werke dit. Die onbekeerde is nie noodwendig waar nie. Goeie dade is nie noodwendig bewys van geloof nie behalwe as jou geloof bekend is.

“Wys my jou geloof uit jou goeie dade en ek sal jou uit my goeie dade my geloof wys”. Miskien lê die verskil en onderskeidende in die wyse waarop ʼn gelowige in die praktyk sy geloof uitleef. Dit is nie ʼn poging om roem en erkenning te verseker nie maar ʼn dankbaarheidsuitdrukking.

Daarteenoor is geloof vanuit humanistiese en filantropiese oorweging nie ʼn Christelike geloofsuitdrukking nie. Die keersy van geloof is dade wat daarby pas. Die keersy van dade as dit aanvaarbaar is, is geloof in God drie enig wat die verlossing geskenk het.

Dis vinkel en koljander vir Jakobus, die een kan nie sonder die ander nie. Hoe lyk dit met jou geloofsverbintenis? Waar kan dit gesien word?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.