ToekomsVenster: Geloof is om God te vertrou


vyeboom

Foto: Reint Dykema.

Maar vir my help God altyd, die Here hou my lewe in stand. – Psalm 54:6

God is ʼn toevlug in die nood, ʼn Rots wat stewig staan (Ps. 46).
Waarheen sal ons gaan? Vlug na die ooste, weste, noorde, suide? (Ps. 68).
Net by God vind ons rus (Ps. 62).

Die Here stel nie teleur nie. Hy help altyd, sê die digter. Toegegee, nie altyd soos ons dit wil voorskryf nie.

Dis soms moeilik om God toe te laat om sy volmaakte plan uit te voer. Soms wil ʼn mens amper arrogant die Here bevraagteken: “Maak U nie nou ʼn reusefout nie?”

Ons wil vir die Here voorskryf hoe, wat en wanneer Hy moet optree. Hy steur Hom te ene male nie veel aan die voorskrifte van mense nie. Hy weet altyd beter.

Op die lang duur kom ons dikwels agter dat ons oplossing vir ʼn bepaalde saak of situasie ons duur te staan sou gekom het. Dan is ons alte dankbaar dat die Here nie na ons raad geluister het nie.

Geloof is om God te vertrou. Hy weet beter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Muis ·

Dankie Heer dat ons op U kan vertrou deur Geloof en Aanbidding in U Naam is alles moontlik! Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.