ToekomsVenster: Geloof is om God te vertrou


wandelroete

Foto: Geograph.ie

Elke stap van my was vas op die koers wat U aangewys het. My voete het nie daarvan afgewyk nie. – Lees Psalm 17:5

Dit is verblydend om te weet dat die Here Homself vir tyd en ewigheid aan ons verbind het. Dit alles omdat Hy ons innig liefhet en net die beste vir ons begeer.

Ons visie is beperk. Wat voorlê is onbekend. Waar gee ek die volgende tree, watter pad is die aangewese, watter besluite moet nou geneem word? Dis moeilike lewensvrae en het dikwels groot implikasies vir die lewe.

Tereg sou ʼn mens kon bid.. “Here, help tog asseblief”.

Dis ʼn gebed wat Hy graag antwoord. ʼn Sagte hart wat in alles op Hom aangewese is, bly vir God buitegewoon kosbaar. (Psalm 51:19 “Die offer wat U wil hê, O God, is verootmoediging: U sal ‘n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, O God”).

Uiteraard moet ʼn mens geloof behou. Die som van die lewe tel nie altyd op nie. Soms wil jou lewenswiskunde nie uitwerk nie, trouens dis hoe dit vir jou lyk. Die digter stel sy verstaan en vertrekpunt egter onomwonde: Uit U hand kom net wat mooi is – oorvloedige blydskap.

Geloof is om God te vertrou ongeag waarmee jy gekonfronteer word. Om soos die aandgesang te sing: “ek weet aan wie ek my toevertrou het al wissel dan ook dag by nag”.

Om so op God aangewese te wees skenk die noodsaaklike sekuriteit waarsonder geen mens kan lewe nie. Daardie gevoel van geborgenheid en sekuriteit. “Daarom is ek bly en juig ek en voel ek my veilig” (Psalm 16:9).

  • Besoek die ToekomsVenster-inisiatief se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hestet ·

Waar gaan ons
Land endig vang die mense Wat dit gedoen het asseblief

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.