ToekomsVenster: Geloofstaal, ʼn taal wat lewens verander

blydskap

Foto: Argief.

Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ‘n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar ‘n damp wat ‘n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.” Maar nou is julle te seker van julleself en praat julle groot. Al sulke grootpratery is verkeerd. – Lees Jakobus 4:13-16

Ds. Jannie Pelser vra in vandag se ToekomsVenster-oordenking dat jy die tyd sal neem om te dink oor jou eie geloofstaal:

  • Dink vir ‘n oomblik na oor jou eie geloofstaal. Hoe gereeld gebruik jy opregte woorde oor God?
  • Maak jy ruimte vir God se koninkryksplanne in jou beplanning?
  • Hoe weet ons wat God se planne is?
  • Skryf vyf of meer kort belydenisse (enkel sinne) oor God wat jy daagliks kan gebruik in jou kommunikasie met ander mense.

Ons lewe behoort sommer elke dag gevul te wees deur uitgesproke, kragtige en kort geloofsbelydenisse (nie dweperig nie).  So maak ons seker dat ons heeltyd rekening hou met God.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.