ToekomsVenster: Geloofsversekerdheid – nie meer verlore


jesus-is-gebore

Foto: Apprentice2jesus.com

God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. – Johannes 3:16

Ons het gedurende hierdie week saam nagedink oor die implikasie van die Kersgebeure n.a.v. die bekende teks in Johannes 3:16.

Dit behels die onverstaanbare en onweerstaanbare liefde van God in Christus Jesus, die reikwydte wat alle mense en alle nasies insluit, asook die duursaamheid van hierdie offer wat ter wille van mense gebring is en die feit dat dit toegeëien moet word.

As die Kersgebeure jou hart verander het, beland jy op ʼn nuwe trajek.

Mag ek die vertroue uitspreek dat ons viering van Kersfees spruit uit ʼn geloofsekerheid. Die baba in die krip is ook die Koning van my en jou lewe.

Let op die woorde van hierdie baie bekende gesang:

Gesang 89

Jesus, ons loof U!
Jesus, ons prys U!
Laat ons met eng’le
ʼn loflied sing –
nie meer verlore;
U is gebore!
Ontvang die dank wat
ons U bring!

Van Jannie Pelser en Jan Steyn, ons regisseur, en almal by ToekomsVenster ʼn baie, baie geseënde en betekenisvolle Kersfees.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andries ·

Baie dankie vir die wonderlike Toekoms venster en geseen is jul daar
Groete
Andries

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.