ToekomsVenster: Gelowiges en offerandes

skatkis-geld-horlosie-tyd-skatte

Foto: Annca/Pixabay.com

Ons het gekyk na hoe gelowiges skatte in die hemel bymekaar kan maak. Dit is beklemtoon dat Christus nie soseer bekommerd is oor die gelowige se besittings nie, maar eerder sy gesindheid teenoor dit. Daarom word gelowiges aangemoedig om eerder skatte in die hemel bymekaar te maak.

Dan is die Nuwe Testament offergawes bietjie onder die soeklig geplaas. Dit was duidelik dat daar meer as een offergawe in die Nuwe Testament voorgekom het. Die offergawe van die arm weduwee beeld die hoogste vorm van gehoorsaamheid uit wanneer sy haar hele lewensonderhoud ingooi en niks vir haarself hou nie. Die genade offergawe het dit beklemtoon dat die gelowige onder genade vry is om te gee soos die gelowige hom in sy hart voorneem. Hierdie offergawe word met blymoedigheid gebring.

Verder verduidelik Paulus die basis wat gebruik moet word wanneer dit kom by die proporsionele offergawe. Sekere beginsels wat gelowiges kan gebruik om hulle te help met die gee van offergawes is “elke Sondag” wat beteken dat offergawes gereeld, of dan sistematies, moet wees. Verder motiveer die “elkeen” alle gelowiges om deel te neem aan offergawes. Dan noem Paulus dat die offergawe na die gewer se vermoë moet wees. Dus, as die gewer gedurende die week baie geseënd was, moet hy daarvolgens gee en as iemand minder guns gehad het, kan hy of sy daarvolgens gee. Hierdie raad bevestig dat gelowiges nie los van mekaar staan nie, maar dat ons as Liggaam verantwoordelik is vir mekaar se welstand.

Daar is ook gekyk na Christus en materialisme. Die raad wat Christus bied is nogal radikaal wanneer hy gelowiges aanmoedig om los te maak van alle dinge vir Hom en die absolute “commitment” van alle dinge aan Hom. Deur dit te doen verwerp Christus die mate van sekuriteit wat materiële dinge bied. Hy verklaar egter dat God weer op Sy beurt in diegene wat Hom met hul totale wil en besittings dien, se behoeftes sal voorsien.

Christus verwag dus van Sy dissipels om alles te gee en om alles te gebruik om so Sy doel op die aarde te bereik. Dus, watter rykdom gelowiges mag hê moet verstaan word as ’n belegging wat deur God in sy hande geplaas is.

Gebed

Here, baie dankie vir die talle voorbeelde in die Nuwe Testament wat my motiveer om U ook met my offergawe te dien.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eps ·

Alles kom va bo af. Ek gee vir een kerk en gaan kerk toe by ‘n ander. Ek leef eenvoudig en gee veelvoudig. Ek neem lyding uit die Woord en bespreek en koppel nie monitêre waardes aan persone om hulle sukses en welstand te meet nie.

Dankie vir die boodskap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.