ToekomsVenster: Genade in ’n tyd van afsondering

(Foto: Kirill Pershin/Unsplash.)

Gedurende die week luister ek na ʼn insetsel op die radio waar gepraat word oor (wat anders) die korona-virus (Covid-19) en die enorme impak wat dit op die wêreld het. Die gas in die ateljee vertel dat daar 7,8 miljard mense op aarde is en dat bykans almal deur hierdie bedreiging geraak word.

Die maatreëls wat in plek geplaas word om die verspreiding daarvan te keer is ongekend in menseheugenis. Internasionale netwerke en kommunikasie maak dit uiteraard moontlik om meer gekoördineerd op te tree.

Vorige groot epidemies het verwoesting gesaai en honderde duisende, ja selfs miljoene mense graf toe gestuur.

Tog, selfs te midde van ons tegnologiese vordering staan ʼn land soos Italië totaal verleë voor die impak van hierdie siekte.

Ai, mag die Here genade bewys.

Meer as sewe en ʼn half miljard mense, beelddraers van die lewende God, wat so weerloos voor dié aanslag staan.

Waarom baklei ons dan nog so baie?

Wie weet, dalk sal die aarde anders daaruitsien na Covid-19? Mag ons net nie weer sou ellendig gou vergeet nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here weereens besef ek hoe broos n mens se lewe is hoe ontsagtelik Groot U is my God….self in hierdie dae eis U gehoorsaamheid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.