ToekomsVenster: Genees ons land


Boere op aardsdrempel

Foto: Verskaf

2 Kronieke 7:14

Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land gesond maak.

“Ons land genees? Ag nee wat, die Bybel sê die wêreld sal in die laaste dae een van goddeloosheid en anargie wees. Jy stry en baklei verniet. Dis beyond repair. God kan hierdie wêreld nie meer verander nie. Dis die laaste verse van die laaste hoofstukke van hierdie wêreld se geskiedenis wat nou uitspeel. Die beste wat ons kan doen, is om soos mense met datums van die wederkoms op die dakke van toringgeboue te gaan staan sodat ons eerste kan wees as die Here verskyn. Ons hande is reeds hemelwaarts uitgesprei. “Here, kom red ons van hierdie boosaardige bestel. Raap ons en skraap ons, maar kom haal ons net. Die res, wel hulle kry wat hulle verdien. Die onverskillige klomp swape het gesaai op die akker van ongeloof en moet nou maar sien kom klaar. Ek het my gereed gemaak vir die hemel. Dis net ʼn kwessie van tyd, dan kom die Here my haal.  Ons land genees? Nee, dit ʼn era wat verby is.”

Skaam jou as jy so dink. Ons kinders en kleinkinders gaan nog in hierdie strate speel. Ek is in elk geval nie so seker dat die wederkoms so naby is nie.

Luther het gesê as hy weet die Here kom more plant hy vandag ʼn boom.

“Beywer julle vir die belange van die stad, sê die profeet vir die ballinge.

Dis ook julle belange”.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ryk ·

Ek stem 100% saam dat “Ek is in elk geval nie so seker dat die wederkoms so naby is nie”! Persoonlik moet elkeen van ons ons saak onverwyld regkry/reghou met God, want ons kan (persoonlik) letterlik enige dag en enige oomblik dooi as God dit so beskik. Die mense wat dink dit gaan nou erg in ons land en in die wêreld en die einde is naby, “I think we ain’t seen nothing yet” – die eindtye gaan BAIE erger wees as tans. In my geestesoog en menslike eenvoud vergelyk ek die eindtyd (amper) met iets soos wat ek al in ‘n MadMax-fliek gesien het – ondraaglike omstandighede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.