ToekomsVenster: Genesende taal, ʼn taal wat lewens verander


luister

Foto: Biznology.com

Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sê. – Lees Spreuke 12:18

Terapeute word opgelei om woorde te gebruik wat heelmaak.  Hulle praat uit empatie (meelewing) en luister meer as wat hulle praat. Dit is die geheim agter genesende taal.  Die belangrikste beginsel is om diep te luister na die hart van die persoon voor jou.  As jy dit goed gedoen het, het jy al baie gehelp.  Die volgende beginsel is om nooit voorskriftelik te wees nie maar ‘n persoon so te begelei dat hy in homself die antwoorde vind.

Waarom moet ons hierdie empatieke luister net aan terapeute oorlaat?  Sou dit nie beter wees indien ons met hierdie wysheid elke dag kommunikeer nie?  Só laat ons mense beter agter na ons met hulle gepraat het.

Nog ‘n belangrike beginsel is om die waardes wat ons koester deel van ons genesingstaal te maak.  Onthou egter ook dat ons taal ook ons waardes beïnvloed.  Dit is daarom wys om deurentyd ons woorde te deurdink.

Genesing vind ook plaas wanneer ons óór mense praat.  Waar mense kwaadpraat (skinder), word die karakter van mense erg beskadig en soms vernietig sonder dat hullle kans gehad het om hulle kant van die saak te stel.  Dit is seker een van die wreedste en lafhartigste vorme van praat.  Eintlik kan mens dit nie kommunikasie noem nie, aangesien daar nie met die persoon onder bespreking gepraat word nie.

Daarteenoor lei die goedpraat van mense wanneer hulle nie teenwoordig is nie tot genesing van verhoudings en verseker ook tot genesing van die persoon wat praat.  Sy innerlike waardes word daardeur gevoed.

Mag ons tonge ‘n bron van genesing wees vir die seer van die wêreld rondom ons!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.