ToekomsVenster: Geroep om te volg


Foto verskaf aan Maroela Media

Foto verskaf aan Maroela Media

Matteus 16:24 Toe sê Jesus vir Sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry.”

Nou begin ’n nuwe reis. ’n Hele nuwe manier van dink oor jou geloof. Tot nou toe het jy die evangelie verstaan as iets wat jy ontvang het, maar nou begin ons reis oor “gestuur wees”; hoe deel ek die evangelie met ander?

Ons teks is duidelik – jy sal jou kruis moet opneem as jy Christus volg. Hoe en wat die kruis is, leer ons op verskillende plekke in die evangelies. Matteus verwys hier na ’n ander leefstyl – dit wat jy as wins wil kry, sal jy moet weggee of, as jy wil lewe, sal jy moet sterwe.

Onthou net dat jy nie alleen gestuur word om jou kruis te dra, om die Koninkryk te soek of jou huis op die regte plek te bou nie. God is betrokke by ons en Hy help. Wees rustig oor jou roeping – jy gaan nie alleen gelaat word wanneer jy Hom volg nie. Jy sal krag ontvang van Hom wat jou geroep het.

Gebed:

Here ek glo U het my geroep om as gestuurde vir U te leef. Ek is bereid Here. Rus my toe en wys my waar U wil hê ek moet wees. Amen

Leefwyse:

Gaan sit en maak ’n lys van die mense wat jy ken. Skryf soveel name neer as wat jy kan. Ek vertrou dat jy agterkom dat jy by mense betrokke is. Of dit nou 10 of 1,000 is. Jy word na hulle toe gestuur.

Iets om vandag oor na te dink:

Ons is nou deel van God se huisgesin. Ons dra die boodskap. Dink jy daar is verskillende maniere waarop jy die boodskap kan dra?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

neelsie ·

. Elke mens laat toe dat sy lewe deur iemand of iets beheer word.
. Moenie dat jou sondige natuur jou lewe beheer nie , dan sal jou eie boosheid jou lewe vernietig.
. Laat die Heilige Gees jou lewe beheer en laat Sy vrug deur jou lewe sigbaar word.(Gal 5;22)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.