ToekomsVenster: Geskroeide reënboog

reenboog-in-Afrika-landskap

Foto: Wjgomes/Pixabay.com

“Die reënboog sal in die wolke wees en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde” – Genesis 9:16

Was die reënboog toe al die tyd ’n mite, ’n leuen? Of het God van ons vergeet?

God wil ons optel en terugdra, nie net na 1994 toe nie, maar na daardie eerste reënboog. Soos toe wil God nou ook sê: Julle selfgeskepte reënboë en mensgemaakte pogings kan nie werk nie; tensy julle dit in diens plaas van daardie eerste verbond tussen My en julle. Wat was dit? Dat ons, wanneer ons die reënboog in die lug sien, moet onthou dat God nooit Sy verbond en beloftes aan ons – mens en dier en lewende wesens op aarde – verbreek nie.

Dink hieraan

Waar het ek of ons die reënboog laat verdof?

Droom in jou gemeente saam oor hoe dit konkreet sal lyk om op pad te wees met ’n reënboog-God in ’n stukkende land.

Gebed

Here, help my en ons om mense van U reënboog te wees; mense wat getrou sal bly aan U soos wat U getrou bly aan ons. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.