ToekomsVenster: Getuie van God se goedheid


God-se-goedheid

Foto: Reint Dykema.

Ek het gesmag na die hulp van die Here.  Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Met blydskap het ek aan die gemeente vertel U het my verlos.  Ek het nie stilgebly nie, Here, U weet dit! – Lees Psalm 40:2 en 10

Dis mooi taal nie waar nie, God het hom afgebuig en gehelp.  Hy is nie te verhewe om ons hulpkrete raak te hoor nie.  Hy is sterk en Almagtig.  Ons modderige konteks intimideer Hom nie.  Hy red ons summier daaruit.

Die ervaring van God se goedheid noop die digter om daarvan te getuig.  Hy vertel entoesiasties wat die Here vir hom gedoen het.

Dis eintlik selfsugtig om nie te vertel wat God vir jou gedoen het nie.  Jy is ‘n “gevalle studie” vir ander mense, ‘n lopende bewys dat God lewe en omgee.

Jy verteenwoordig die hoop waarna hulle smag.  Jy en jou getuienis is die antwoord op soekendes se vrae.

Jy durf nie stilbly nie.  Jy moet vertel.

Don Francisco sing mos ‘n lied oor die opstanding – “I’ve got to tell somebody”.

Jesus se opstanding waarborg en begrond ons opstanding, vandag, môre en eendag met Sy wederkoms.

Jy moet vertel, mense het die hoop wat jy deur jou getuienis kan bring só nodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sylvia Bouwer ·

Ek kan nie stilbly nie.. Ps 73 sluit af met ‘.. en ek sal bly vertel van al u wonders.’ God se liefde en genade is onmeetbaar.. ek wag opgewonde vir Jesus..!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.