ToekomsVenster: Getuig my eie lewe van integriteit?


gebed

Argieffoto.

Mag u oorwin!  Knoop die stryd aan vir die waarheid en vir die reg van die hulpelose!  U is geroepe tot magtige dade. – Lees Psalm 45:5

Dit is belangrik dat ʼn mens krediet gee waar dit gegee behoort te word.   Die positiewe word soms egter erg oorskadu deur die negatiewe en ongeloofwaardige getuienis aangaande die optrede van veral leiers.

Mense stel ʼn hoë premie op geloofwaardigheid en integriteit.  Selfs al sou hulle self anders leef, verwag hulle (ons het mos maar somtyds dubbele standaarde) ʼn ander manier van optrede by hul leiers.

Die komediant en omroeper Wackhead vertel van die papegaai wat wegraak en wonderbaarlik deur iemand opgespoor word.  Die persoon bel die regmatige eienaar en vertel van sy vonds, waaroor die eienaar uiteraard buitengewoon opgewonde en dankbaar is.  Die eienaar se “siel word uitgetrek” as die persoon wat die papegaai gevang het, vertel dat hy die papegaai ʼn paar vloekwoorde geleer het.

Die eienaar is buitengewoon ontsteld en beskryf dit as eties onaanvaarbaar maar druk homself in gekruide taal uit.  Hy vloek, maar die papegaai mag nie.

Lekker lag oor ons eie dubbelslagtigheid wanneer dit by morele sake kom.

Ander moet eerlik, opreg, navolgenswaardig wees en ons?

Die koning moet die saak van waarheid dien, sê die digter.

“Die stryd vir die waarheid (sjoe dis ʼn bietjie afgewater in ons samelewing) en die reg van die hulpelose” (nie soustreinpolitiek nie).

Ek wens ek kan die vers in die parlement voorlees vir almal wat daar teenwoordig is.

Ek moet net seker maak dat my eie lewe van integriteit getuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johett ·

Ek geniet dit regtig om berigte op Matoelamedia te lees! Dit is egter belangrik dat deeglike taalversorging plaasvind. So bv. is fonds in ToekomsVenster foutiewelik gebruik en word woorde wat aanmekaar hoort, los geskryf.

Nico ·

Johett, ek dink jy mis die punt. Lees die boodskap weer. God praat met ons op Sy manier en om eerlik te wees as die Boodskap jou siel vul is dit waaroor dit gaan, nie die taalversorging nie.

Esté Meyer Jansen ·

Beste Johett

Baie dankie dat jy ons op die foute gewys het, dit is nou reggestel.

Groete

Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.