ToekomsVenster: Gewone mense verstaan dalk beter

houtwerk

Foto: Rawpixel/Unsplash.com

Is dit nie opmerklik dat die mense wat rondom Jesus is met sy koms na die wêreld, sy aardse bediening, die uitstorting van die Heilige Gees en die koms van God se Koninkryk voordat Hy weer kom, dikwels gewone mense is nie?

Mens hoor dikwels hoe iemand van ʼn glanspersoonlikheid praat en verras opmerk dat daar geen aanstellerigheid by hom of haar teenwoordig is nie. Doodgewone mens, plat op die aarde.

Mense raak op- en uitgekuier met opgesmuktheid. Dit beïndruk net so ver dan is die blink af en soos ons almal bly net die dof oor. Tog is dit vir sulke mense wat Jesus baie omgee. Maria was ʼn eenvoudige en boonop ongetroude meisie. Kon goedskiks enige iemand uit die buurt wees. Mens hoor nie dat die engel ʼn rits kwalifikasies afryg as hy Maria ontmoet nie. Die woordjie begenadigde beskryf dit goed. Geen aanstellerigheid nie.

Dis so met Sagaria die pa van Johannes om nie eers van die Doper te praat nie.

Jesus se pa is ʼn timmerman.

Sy dissipels vang vis vir ʼn lewe.

Sy volgelinge is dikwels siek, eensaam, stukkend en selfs eers vol demone.

Dit is ʼn Samaritaanse vrou wat aanklank vind by Hom en ʼn Romeinse soldaat wat bely dat Hy die Seun van God is. Dis vroue wat die oop graf vind en tollenaars wat hul goed weggee.

Die skrifgeleerdes, koninklikes, fariseërs, aanstellerig soos hulle is, loop Jesus mis.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.