ToekomsVenster: Gierigheid – die wortel van alle kwaad

geld-munte-kleingeld

Foto: Negative Space/Pexels.com

Lees: 1 Timoteus 6:10:

“Geldgierigheid is ‘n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.”

Gebed:

O Here, ek is net so skuldig! Vergewe my en bevry my van hierdie verskriklike versoeking van gierigheid en afguns, van liefde vir geld. Bevry ons land van Mammon en sy houvas op ons gemeenskappe, selfs op die kerk. Bevry ons van die euwel van omkopery. Vergewe ons dat ons nagelaat het om die armes en behoeftiges te versorg en baiekeer ons gesig weggedraai het van hulle lyding. Vul ons opnuut met u Gees. Help ons om mekaar werklik lief te hê.

Leefwyse:

Ons almal staan voor die groot uitdaging om te leef soos Christus van ons verwag: sober, met integriteit, met ’n oop hart vir ander.

Om oor na te dink:

Wat kan ons as gemeente doen om die kettings van gierigheid in die samelewing, ook in die kerk, te verbreek? Watter alternatiewe voorbeeld kan ons stel? Kan ons iets doen om die skreiende ongelykheid tussen ryk en arm te verlig?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eish ·

Dit antwoorde op die vrae is entlik so eenvoudig.
Lees Jesus se eie woorde om jou final te be vry van gierigheid en soortgelyke peste en plae.
Lukas 18:18-30.
Doen dit en jy is onmiddellik verlos van gierigheid.

Jaco ·

Ek dink meeste van ons Suid Afrikaners is nie gierig nie, maar moet ons ons self doodwerk net om kos op die tafel te kan hou. Ek verkies bo alles ook n eenvoudige lewe, maar ongelukkig is ek gedwing om te sien waar ek nog n ekstra geldjie kan verdien want selfs n eenvoudige lewe in Suid Afrika is peper duur!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.