ToekomsVenster: God antwoord steeds gebede


God-antwoord-nog-gebede

Foto: Reint Dykema.

Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak. – Lees Psalm 30

Die presiese aard van die psalmis se ongesteldheid is nie bekend nie. Gesond maak kan ʼn metafoor wees vir ʼn verskeidenheid van situasies: fisies, emosioneel, verhoudingsmatig, gebrek op ander vlakke, ens.

Die getuienis van die digter gee ons vrymoedigheid om God met ons ongesteldheid te vertrou.

Die Here antwoord nie altyd soos ons dit vra of verwag of verkies nie, maar die Here antwoord altyd. Hy weeg nie gebede en raak ontslae van die wat nie aan sy vereistes voldoen nie.

Gebed is ʼn hart saak, God kyk na die ingesteldheid van die bidder. ʼn Brose, sagmoedige en ontvanklike hart is onweerstaanbaar vir God.

Hy hou nie van selfversekerde en selftevrede mense nie. Hy wil ook nie dat ons in ongeloof vra nie. Dit komplimenteer die almag van God hoegenaamd nie as ons met ʼn mag dit tref houding tot Hom nader nie.

Hy is nie alleen ons toevlug nie maar in alle opsigte betroubaar. Hy stel niemand teleur wat sy vertroue in Hom stel nie. Terugskouend in jou en my lewe staan vele momente van gebedsverhoring. Neem vrymoedigheid en praat met hom oor jou uitdagings. Hy antwoord steeds.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.