ToekomsVenster: God bly getrou


Geloof

Argieffoto.

 Neus in die lug sê hy: “God vra tog geen rekenskap nie!” In al sy planne is daar geen plek vir God nie. – Lees Psalm 10:4

Ook in hierdie Psalm probeer die skrywer sin maak van sy swaarkry en sukkel. Veral die oënskynlike voorspoed van die goddelose maak sy worsteling nog groter. Dis mos hoe ons ook redeneer.

Ek dien die Here, gaan kerk toe, probeer my uiterste bes om goed en reg te doen. Ek drink nie, steel nie, skinder nie. Ek respekteer God en sien om na ander. Tog gaan dit sleg.

Met mense wat geen saak met God het nie gaan dit oënskynlik baie beter. Hulle lewe soos voëls, kom en gaan soos hulle wil met geen deernis vir ander nie, dis die een luuksheid na die ander, die een modegier na die ander.

Hulle kinders kom niks kort nie, dra ontwerpers klere en gaan na die beste skole. “Dat ek onreg vermy het…” Psalm 73.

Dit is te ene male die worsteling van gelowiges deur die eeue en daar is geen klinkklare antwoord daarop nie.

Vir my as dominee wat in die bediening staan is die vraag dikwels waarom sg. wêreldse mense en projekte ʼn oorvloed fondse het terwyl die kerk moet raap en skraap om die bediening se verpligtinge na te kom. In ons omgewing rig ʼn “kerk” wat die spoor goed byster is reuse skure op vir ʼn wêreldklas drukpers en aktiwiteite wat nog meer mense sal mislei terwyl die kerk sente moet omdraai. Antwoorde is nie geredelik beskikbaar nie en daarmee moet ons vrede maak. Veral met die wete dat God getrou is en ons roep om Hom onder alle omstandighede te vertrou. Na alles, dis mos ʼn reis in geloof!

  • Besoek die ToekomsVenster-inisiatief se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.