ToekomsVenster: God eis jou onverdeelde trou


oorgawe

Argieffoto.

Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde en trou bewys. – Psalm 115:1

Die Here deel nie sy eer met mense nie: Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My, lui Eksodus 20:5.

Iemand het eendag verwys na die groot konserte met gewilde en wêreldbekende kunstenaars wat van tyd tot tyd in groot stadions in Suid-Afrika en oor die wêreld aangebied word. Dis opmerklik dat in ʼn tyd waar finansies knyp kaartjies oornag uitverkoop word. Gelukkig geld dit ook vir verskeie Christen-kunstenaars wat Suid-Afrika besoek.

Terwyl die musiek speel en die ligte flits staan die skare wiegend met hul hande in die lug. Daar word heen en weer geswaai asof in ʼn beswyming. “Stolen worship!”

Een van die stiltetydhandleidings van Toekomsvenster, dié van Deon Loots oor dissipelskap, herinner ons aan die Ons Vader. “Laat u naam geheilig word, u wil geskied en u koninkryk kom.” Mense, sê Deon, keer die gebed om as hulle godloos en onverskillig deur die lewe gaan. “Laat my naam verheerlik word, my wil geskied en my koninkryk kom.” Die gebed, gerig aan die geluksgodin van materialisme en eie gewin, bevredig net op die kort termyn.

Die Bybel het baie te sê oor so ʼn ingesteldheid. Ek herinner my aan Jesus se woorde aan die man wat nog store sou bou en nog meer rykdom vergader.

Maar God het vir hom gesê: Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het? – Lukas 12:20

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andrea ·

Ek kan n rock konsert bywoon, sing en dans en wieg en my God dank vir die voorreg om die vreugde en plesier daarvan te ervaar.

Sandra ·

Bring asseblief weer die “Gedagte vir dag terug met n gebed onder! Dit was altyd so inspireerend. Waardeer jul Godsdiens noodskappe ongelooflik. Die eerstr wat ek elke oggend en aand lees. Baie dankie. ?

Agnes ·

Mooi boodskap wat n mens tot nadenke bring.
Laat U en U Koninkryk meer word in ons land waarin soveel onheil plaas vind. Word U meer in my en maak my minder Here. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.