ToekomsVenster: God gee nuwe harte

hart_klip_hand_stiltetyd.jpg

(Foto: pixabay)

Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. – Rom. 12:15

Ag, die liewe hoogmoed, aanstellerigheid tog. Die onderbou daarvan is trots en het ek nodig om jou te herinner aan wat die Bybel sê van trotse mense en God se gesindheid teenoor hulle.

Dis nie vleitaal nie, dis reguit en selfs verdoemend. “God weerstaan die hoogmoediges”.

Wanneer ons genade begin verstaan word hoogmoedigheid onder ons weggekalwe.

Hoe meer ek bewus word van God se onuitspreeklike genade liefde en guns en hoe absoluut onverdiend dit in my lewe is, hoe nederiger raak ek.

Die woorde van daardie pragtige lied –

“Ek wat vergiffenis Heer ontvangs het sing dankbaar my verlossingslied.

U weet hoe ek na U verlang het U het U guns my aangebied.

Ek loof en prys U deurentyd en roem U groot barmhartigheid”. Ges.231

Ook die bekende lied:

“Genade onbeskryflik groot, het U aan my bewys.

Verlore seun ʼn wegloopkind

Nou in die Vaderhuis.

“Ek is die naam van kind nie werd

Wou self my sake reël

Maar U sien ver, oneindig ver

U sien my honger, dors”.

Hooghartige mense, (interessante woord nie waar nie), die “hart” gedeelte van die word, hooghartig, die fout lê by die hart. Daar moet ʼn hartsverandering kom soos wat Esegiël ons leer.

God gee nuwe harte, gesindhede en ingesteldheid.

Kom ruil jou kliphard hart in. Dit bring jou nêrens nie, trouens, dit verinneweer en vervreem jou van ander.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.