Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. – Jesaja 40:29-31
Ds. Jannie Pelser van die ToekomsVenster-inisiatief vra vandag: Wat weerhou jou vandag om tot rus te kom in Hom? Noem dit voor die die Here en sê: “Jesus, ek dank U dat ek vandag na U toe kan kom met hierdie probleem. Gee my u rus.”