ToekomsVenster: God haat onreg

skemer-sonsondergang-boom-landskap-deur-juanita-badenhorst-2018-06

Foto: Juanita Badenhorst.

 U troon, o God, staan vir ewig vas, met u koninklike septer laat U reg geskied. U het die reg lief en U haat die onreg. – Hebr.1:8-9

Ons wêreld word deur duiselingwekkende onreg gekenmerk. Somtyds kan jy net jou kop in totale ongeloof skud by die aanhoor van hoe verwronge mense kan optree.

Dit blyk dat hulle geen gewete het nie – en dit verbaas as jy daaraan dink hoe geredelik jou eie gewete jou aankla wanneer jy oortree.

Die Here is groter as ons gewete en ons moet daardie stem versigtig aanhoor en verstaan. Die gewete kan somtyds baie ongenaakbaar, hard en onvriendelik wees, veral wanneer dit hom beroep op bedenklike teologie. Baie van ons het so rigied grootgeword dat ons interpretasie van die Woord, ja God self, mank gaan aan liefde en begrip. God is dan inderdaad die Een wat nie kan wag om te straf nie.

Jou gewete gevoed met jou verstaan van wat reg en verkeerd, aanvaarbaar en onaanvaarbaar is moet met erns maar ook met insig aangehoor en interpreteer word.

1 Johannes 3:20 – As ons gewete ons veroordeel – God is groter as ons gewete, en Hy weet alles.

Om terug te kom by ons aanvanklike gedagte – daar is mense wie se gewete in die mate toegeskroei is dat dit nie meer gehoor word nie.

1 Timoteus 1:19 – Hou vas aan die geloof en behou ‘n goeie gewete. Omdat sommige hulle gewete onderdruk het, het hulle geloof skipbreuk gely.

Titus 1:15 – Vir die reines is alles rein, maar vir die besoedeldes en ongelowiges is niks rein nie, want hulle verstand en hulle gewete is besoedel.

Die Bybel sê, God haat onreg. Hy staan nie apaties daarteenoor nie, Hy kyk nie anderpad nie, Hy verdedig dit nie, Hy keer dit ten sterkste af met `n gepaardgaande uitnodiging:

Jesaja 1:18 – Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.

Ek probeer nie my eie gebrek aan gesonde oordeel en my geneigdheid tot die verkeerde ignoreer of onderspeel nie, inteendeel. By God is daar nie klein en groot sonde nie. Almal het gesondig en staan onder die oordeel van God.

Ek het dit egter in hierdie dagstukkie oor die waarheid dat die Here nie slaap nie en dat die lasteraars en loënaars daar ʼn dag van afrekening kom. God haat onreg. Punt.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Here elkeen van ons gaan voor U kom staan….aan die kruis het U betaal vir ons sondes…dankie my Redder en my God…Amen

Harley Davidson ·

As God onreg haat dan kan Hy nie tevrede wees hoe die huidige benaadeelde minderhede in Suid-Afrika behandel word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.