ToekomsVenster: God het die wêreld liefgehad

euphorbia-milii-kroon-van-dorings

Foto: Pixabay.com

God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. – Johannes 3:16

Is daar ʼn bekender teks as dié in Johannes? Dit staan sommer voorop in die teks. Dit begin daar. God is liefde.

God se groot liefde, onweerstaanbaar en omvattend, wat Hom daartoe gebring het om sy heel beste op die altaar te lê.

Mense se liefde is dikwels selfsugtig en eie belang staan voorop. Mense vra meer dikwels hoe die opoffering wat hulle maak uiteindelik na hulle sal terugkom in goeie meetbare resultate.

God het nie ʼn verskuilde agenda nie. Hy is blatant eerlik dat dit vir Hom net gaan oor die beste belang van mense. Beelddraers wat die spoor ernstig byster geraak het en wat teen alle koste weer op koers met God se oorspronklike bedoeling gebring moet word.

1 Korintiërs 13 lewer ʼn verhelderende blik op die liefde. Opmerklik dat alles wat die liefde nie is nie: opgesmuk, eie belang, selfsugtig en self gesentreerd so by ons teenwoordig is.

Paulus bekla juis sy lot by die Here as hy bely dat wat hy wil en wat hy doen nie in harmonie is nie.
Wie sal my red van hierdie liggaam van sonde en dood vra hy?

Romeine 7:19: Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek.

Ek dank God. Ja, die Here is die sleutel tot ʼn lewe wat deur liefde gekenmerk word.

God is liefde en die Gees van God is liefde.
Daardie liefde is in ons harte uitgestort.
Ons moet gehoorsame en bereidwillige kanale wees waardeur God se liefde na ʼn stukkende en gebroke wêreld kan vloei.

Hoe bewys jy God se liefde gedurende hierdie Kersseisoen?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.