ToekomsVenster: God het gehoor!

Foto: Shlomaster/Pixabay.com

“En Hanna het gebid: ‘Ek jubel in die Here, ek is sterk in die Here. Ek lag my vyande uit, ek is bly oor die uitkoms wat U gegee het.’” – 1 Samuel 2:1-10

Kinderloosheid is ’n hartseer werklikheid. Die wat sulke egpare ken sal weet dat die verlange na ’n kindjie nooit verdwyn nie. In die Bybel is daar verskeie verhale van kinderloosheid en die pyn wat daarmee gepaardgegaan het. In sommige gevalle het die Here uitkoms gegee en kon die egpaar vreugde beleef omdat ’n kindjie aan hulle gegee is.

Kinders is nie ’n voorwaarde vir huweliksgeluk nie, maar ’n sakrament daarvan. Somtyds wil mense ’n stukkende huwelik red deur ’n kind te verwek. Dit sal op die lang duur nie werk nie. Werk éérs aan jul huwelik en besluit dán oor ’n gesin.

Ouerskap is ook groter as eie kinders. Ons stukkende wêreld het ouers nodig. Miskien wil julle oorweeg om aan ’n kindjie ’n tuiste te gee wat andersyds die liefde van ’n huis sou ontbeer het.

Gebed

Here, dankie vir families en gesinne.
Dankie vir gemeenskapsbande.
Dankie vir verbondenheid en behoort.
Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Maria ·

Laaste twee paragraaf Amen !
Dit waar!. As ek kon my tyd terug te draai het NEE dankie vir kinders want dit hulle wat die meeste lei en seerkry nie vra daarvoor nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.