ToekomsVenster: God het mag oor dood


God-met-mag-oor-dood

Foto: Argief.

Christene dat God mag het oor die dood. Ons kan spot met die dood. Die kanker van die tyd kan ons nie vernietig nie. Deur die Oorwinnaar, Jesus ons Here, is die sterflikheid is nou ’n vyand wat verslaan is, ’n kwaai hond sonder tande, ’n spinnekop sonder gif , ’n by sonder angel. Die dood is dood!

Hoe sê Paulus? “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal. Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” (1 Kor 15:54-55).

Wanneer jy deur Jesus heelgemaak word, leer jy hierdie spottende oorwinningslied. Al vat jy nie ’n sent saam as jy doodgaan nie, is jy ryk.

Jy ontvang die ewige lewe deur die opstanding van Jesus uit die dood. Die dood kan jou van jou geld beroof, maar nie van God se sorg en liefde nie! Wat ’n troos! Dit gee ons moed om te leef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.