Lees gerus Deuteronomium 7:7-9 aandagtig deur en dank die Here. Hy het jou gekies ten spyte van wie jy is.
Iets om vandag oor na te dink:
Dink na oor hierdie woorde van William Barclay in sy kommentaar op die evangelie van Lukas: “Om deur God gekies te word beteken so dikwels op een en dieselfde tyd ‘n kroon van vreugde en ‘n kruis van smart. Die pynlike waarheid is dat God nie ‘n persoon vir gemak en gerief en selfsugtige vreugde kies nie, maar vir ‘n taak wat alles wat jou kop en hart en hand kan bied. God kies ons om ons te gebruik.”
- Wonder jy waar en hoe ‘n mens die stiltetyd-dagboek vir 2015 kan bekom? Jy bestel dit deur vir Drienie te skakel by 011 665 2017 of deur ʼn epos te stuur aan [email protected]. Loer ook gerus in by die webadres: toekomsvenster.co.za