ToekomsVenster: God hou van jou

vriendskap-duine-hemelruim-unsplash-pexels

Foto: Unsplash/Pexels.com

“Ek noem julle vriende.” – Johannes 15:15

God hou van ons. Dis ’n eenvoudige manier om dit te sê, maar dit is baie moeilik vir die meeste van ons om te verstaan en te verteer. Ons sien God as ’n kwaai pa, of ’n afwesige bonatuurlike wese wat vêr bo die wolke sit, of iemand wat net reageer as ons die regte klanke maak en regte dinge doen.

Dink hieraan

Tog is hierdie nie wie God is nie. God hou van ons; Hy hou van jou. Hy wil by jou wees, saam met jou stap, saam met jou leef. God bring ons binne-in die kring in; Hy kom soek jou en my elke dag net soos Hy na Adam en Eva gesoek het. Al wat ons hoef te doen, is net om te sê: “Hier is ek.”

Doen dit

Ignatius het sy monnike geleer dat elke keer voordat hulle bid, hulle eers net vir so ’n oomblik moet nadink oor hoe God oor hulle voel; dat hulle daaraan moet dink dat God eintlik van hulle hou.

Gebed

Here, hier is ek. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trudie v d Linde-Badenhorst ·

Dankie vie die stiltetyd gedeeltes.Ek lees dit elke dag- wat my net pla is die advertensies aan die regterkant….dit is goed dat jul adverteer maar irriterend as ek wil LEES en regs flikker daar iets wat wil he ek moet nou daar lees…. as dit nie flikker nie , pla dit my nie,,,,ek sukkel om te fokus op die stiltetyd gedeelte met flikkerende geel “triggers” v d kant af! Hou die advertensie maar skakel die flikker af asb. My FOKUS is op die stiltetyd gedeelte,,,wil dit nie aftrek deur flikkerende advertensies nie…. eerder dan ander stiltetyd opsies soek?
Geniet die res van jul webwerf.
Groete
Trudie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.