ToekomsVenster: God is die groot brugbouer

sonsopkoms.jpg

Foto: Flickr.com

LEES: 2 Korintiërs 5:17-21:

17Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. 18Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 19Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. 20Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ‘n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! 21Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.

Gebed:

Baie dankie, Here, dat U ook oor ons land en sy mense regeer. Oneindig dankie vir die boodskap van versoening, vir wat U vir ons aan die kruis gedoen het.

Leefwyse:

Blaai deur vandag se koerant en merk twee soorte berigte:
• Berigte van geweld en haat – wat ons dwing om voorbidding te doen.
• Goeie nuus berigte – wat ons dwing om God te loof en te dank.

Om oor na te dink:

Wat hou my gedagtes die besigste? Alles wat verkeerd is in die land? Of dink ek oor God wat alles en almal in Sy hand hou?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.