ToekomsVenster: God is ewig in beheer


bekommernis

Argieffoto.

Laat almal wat by U hulp soek, jubel en bly wees oor U, laat dié wat op u hulp staatmaak, altyddeur sê: God is groot! – Psalm 70:5

God is groot. Groter as enige uitdaging, situasie of ellende waarin ons kan beland. Hy is alle situasies een tree voor, by wyse van spreke. Hy word nie onverhoeds of onvoorbereid gevang nie. Hy sit nooit met sy “hande in die hare” nie.

Hy gee nie moed op nie, roep nie ʼn vergadering byeen om alternatiewe te bespreek nie. Hy is ewig in beheer en op weg na sy bestemde bedoeling en einde.

“Wie gee Hom raad?” vra die skrywer in die Nuwe Testament (Romeine 11:33-36). Hy maak geen foute nie en hoef nooit verskoning te vra nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SARIE ·

Dankie vir die bemoediging wat ons SO nodig het! GOD is getrou en trek nooit Sy helpende hand terug nie.

Elbie ·

Dankie vir die gemoedsrus om te weet dat U in beheer van my lewe is Here! Dis so veilige gevoel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.