ToekomsVenster: God is goed, altyd goed

blommetjie-blom-pers-hand-grond

Foto: Juanita Badenhorst.

Moenie julleself mislei nie, my liewe broers. Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. Omdat dit sy wil was, het God ons deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring, sodat ons, om dit so te stel, eerstelinge kan wees van alles wat Hy geskep het. – Jakobus 1:16-18

In die voorafgaande gedeelte het die skrywer dit duidelik gemaak dat die verkeerde nie aan die Here toegeskryf kan word nie. Dit is opmerklik dat ook die duiwel, alhoewel hy verstrengel is met die verkeerde, nie in die eerste plek geblameer word vir die verkeerde nie. Die mens kom dadelik in die visier.

Die mens moet verantwoordelikheid aanvaar en ophou doen wat hy so geredelik en graag doen nl. om te verwyt en te beskuldig.

Genesis 3:13 – Toe vra die Here God vir die vrou: “Wat het jy nou gedoen?” en sy sê: “Die slang het my mislei, en ek het geëet.”
Genesis 3:12 – Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.”

God is goed, altyd goed. Elke goeie en volmaakte gawe kom uit sy hand. Hy is die ewige bron van wat goed en mooi is.

U is goed en U doen goed; leer my u voorskrifte. – Psalms 119:68

Moenie dit eers waag om hom aandadig te maak aan jou ongehoorsaamheid nie. Die hemelligte verduister maar God is en bly dieselfde. Sy glansryke bestaan word nooit opgehef nie. Die woord van die waarheid is die woord aangaande die redding in Christus Jesus, die Evangelie boodskap. Dit is daardie boodskap wat die duisternis in ons verdryf en die lig laat deurbreek het. Die woord “lewe” staan teenoor dood van die voorafgaande gedeelte. God is van bo en volmaak. Die mens is van die aarde en tot die verkeerde geneig.

My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie. – Jeremia 2:13

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Quentin Viljoen ·

Kom ons hou op om mekaar te blameer, laat ons die eie skuld aanvaar, vra om vergifnis, en mekaar terug te lei na wat werklik saakmaak, ons GOD!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.