ToekomsVenster: God is liefde


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

Johannes 17:26

Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.

God is liefde, juig ons harte en bedink wat liefde doen

Dat Hy ons sy Seun gegee het om ons sonde te versoen

Hy wat eerste liefgehad het, het in liefde ons vergeef

Nou kan ons uit God gebore uit die Bron van liefde leef

Uit die Bron van liefde leef.

Ons ken hierdie lied en melodie en sing dit in baie gemeentes. Dis geloofsversterkend en motiveer ons om dankbaar te leef. Daar is geen verduideliking vir God se liefde anders as sy liefde nie. Ons kan dit nooit verdien nie en trek telkemale ʼn streep daardeur wanneer ons in ongehoorsaamheid ons eie kop volg. Die liefde van God is oorweldigend en van so ʼn hoë orde dat Hy altyd weer bereid is om ons te vergewe en nog ʼn kans te gee. Die mooi teks in Hosea herinner ons aan die verhewe kwaliteit van God se omgee as Hy sê “hoe kan Ek julle prysgee … my liefde brand te sterk”.

Hosea 11:8

Maar hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Hoe kan Ek jou laat vaar, Israel? Hoe kan Ek jou vernietig soos Adma, met jou maak soos met Sebojim? Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk.

Dit beteken egter nie dat ons sy liefde sondermeer as vanselfsprekend kan aanvaar nie. Ons moet dit na waarde reken en altyd dankbaar leef vir die groot genade wat God aan ons bewys (het).

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.