ToekomsVenster: God is magtig

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: Crosswalk.com

En die mag (krag) en die heerlikheid …

God is magtig. Hy kan enigiets doen, Hy kan alles doen. Omdat Hy magtig is, hoef ons nie verleë te wees nie. Ons hoef nie te vrees dat ons beheer gaan verloor of dat die aarde volkome uit pas gaan raak nie. Hy is in beheer en is rustig op pad met hierdie wêreld na sy bestemde einde toe.

Wat ek nie kan doen nie, kan Hy. Ek mag Hom daarvoor vertrou. Hy skep ʼn behae daarin om my in my swakheid tegemoet te tree en by te staan. Hy is groter as die grootste uitdaging. Hy is in staat.

Die heerlikheid behoort eweneens aan Hom. Hierdie drieledige besit van krag, mag en heerlikheid is aan God toegewys. Hy wedywer nie met iemand om dit te bekom of te behou nie. Sy mag, majesteit, heerlikheid, krag en heerlikheid is ongeëwenaar en ewig.

Hy is Emmanuel, God met ons.

Onthou die tyd van gebed vanaf 25 Mei (Hemelvaart) tot 4 Junie (Pinkster).

Die huidige knelpunte roep ons om ernstig te bid vir ons land en sy uitdagings met die verwagting dat die Here ons sal gebruik om die verskil te leef. Christene word opgeroep om daagliks te bid net waar hulle hulself bevind, veral gedurende die goue uur van gebed vanaf 12:00-14:00.

Daarbenewens word gelowiges uitgedaag om veral saam met onbekende mense te bid.

Vertel ander van hierdie inisiatief wat wyd ondersteun word. Besoek www.sapray.co.za of laai Toekomsvenster se gratis app af vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

BOLANDER ·

Dankie Pappa Vader dat ek aan U kan vashou in donker tye.

MCH ·

Ja, dis so waar. Ons moet egter ook onthou dat ons gewaarsku word hoe dit in die laaste dae sal wees. 2 Timotheus 3:1-4:” Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want mense sal liefhebbers van hulleself wees,geldgieriges,grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar,onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefhe vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloen het. Keer jou ook van hierdie mense af”.
Meer as 25% van die Woord is profesie. Baie daarvan tot op die letter reeds vervul. Baie daarvan vir die laaste dae. Dit is voorspel dat dit is hoe dit gaan wees in die laaste dae. Al wat ons dus kan vra is om waardig geag te mag word om te midde van alles staande te kan bly. Die dinge is reeds hier en jy gaan dit nie wegbid nie want die goed is voorspel. Sy wil sal geskied. Dis net die “Prosperity Preachers” wat steeds onsinnighede van ongekende voorspoed kwytraak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.