ToekomsVenster: God is ʼn onbeweeglike Rots


rotse-by-die-see

Foto: Robarmstrong2/Pixabay.com

Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan. God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug. – Psalm 62:6-8

Rotse beïndruk my nogal. In my jonger dae het ek baie gestap, dink maar aan die aangrypende skoonheid van die Blyderivier-omgewing.

Die rotse was altyd aangrypend. Verskeie formasies. Sommige netjies op mekaar gestapel. Dis asof ʼn hemelse hyskraan die rotse met vernuf elkeen op sy plekkie neergesit het.

Dit is altyd so treffend vir my – die gevoel van orde en netheid. Ons hemelse Tuinier het ʼn mooi werk gedoen. Dis asof elke stukkie natuur mooi uitgedink en geposisioneer is om maksimaal te beïndruk.

Die rotse by die see is ewe kordaat. Onlangs daar in Uvongo se wêreld het ek weer bewus geword van die grootsheid van alles. As die golwe teen die rotse in ʼn lieflike sproei breek, raak ek sommer aan die sing: “Hoe groot is U, Hoe groot is U.”

God is ʼn onbeweeglike Rots. Uiteraard ʼn metafoor van iemand wat buitegewoon standvastig en betroubaar is. By Hom kan ʼn mens maar skuil. Hy stel nie teleur nie. Hy is op die troon en stewig in beheer. Dis die Rots wat vir ons gebreek is sê die bekende lied: “Jesus Rots vir my geslaan, laat my nie verlore gaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elbri ·

Baie danki vir elke dag se boodskap. Ek en my man woon aan di voet van ‘n hoë berg in di Overberg distrik. As ek so opkyk na di bergtoppe, begin my dankgebed altyd met: “Ek slaan my oë op na die berge…..”

Mariaan ·

Baie dankie vir die inspererende boodskappies elke dag. Bring my net nader aan my Vader elke dag. Ek vra dat my gesin opgedra sal word in almal se gebede dat hulle ook nader aan Vader sal kom. Geseende daggie vir elkeen. Kan nie wag vir die volgende boodskappie nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.