ToekomsVenster: God is ons vetroueling

(Argieffoto: Pixabay)

Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: ‘U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou’. – Psalms 91:1-2

Die digter het by God so ʼn vertroueling gevind. Hy is natuurlik volledig betroubaar. Om in gebed, niks anders as ʼn gewone gesprek met jou Hemelse Vader, jou hart uit te praat, is terapeuties. Praat sommer hardop waar niemand jou kan hoor nie. Gaan stap ʼn ent en beleef dat Hy saam met jou op pad is. Sê vir Hom wat jou ontstel en hoe jy voel.

Wees radikaal eerlik. Noem die goed by die naam. Hy weet alles, waarom sou jy iets wou wegsteek?

Ons verhouding met die Here is uniek. Elke mens beleef dit anders. Feit van die saak is dat ons verhouding met Hom ʼn ruimte is waar ons onsself kan wees. Daar is geen behoefte vir pretensie nie, sê dit soos dit is.

Dit is ʼn uitstekende idee om ook met vertrouelinge te gesels oor jou kommer en vrese. Elke mens behoort iemand te hê by wie sy of haar geheime veilig is. Die lewe is vol uitdagings en dit is nie anders met gelowiges nie. Ons “gisters” het somtyds die vermoë om ons op te keil en die lewe ondraaglik te maak. Om nie daaraan aandag te gee nie en te dink dat dit vanself sal weggaan, is wensdenkery. Die knope in ons lewenstou moet ontknoop word. Iemand wil en kan jou daarmee help as jy net sal vir hulp sal vra. God gebruik mense.

Natuurlik is Hy by uitnemendheid ons vertroueling. Ons hoef nooit bekommerd te wees dat wat ons met Hom gedeel het op sosiale media sal beland nie. Eweneens moet jy versigtig wees met wie jy jou hart deel. Die keuse van ʼn mentor, lewensbegeleier of spirituele begeleier is ʼn baie belangrike saak.

Kies iemand wat jou vertroue waardig sal wees, professioneel optree, onpartydig kan luister en die vermoë het om jou na ʼn oplossing te begelei.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.