ToekomsVenster: God is Vader

berge_kruis_stilteteyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Een van die moeilikste uitdagings vir my in hierdie tyd van inperking is dat ek nie by die mense uitkom vir wie ek lief is nie. Nie soos dit moet nie, altans, veral wanneer dit by my kinders en kleinkinders kom en ek weet jy kan daarmee identifiseer.

Ons is bevoorreg dat nie een van ons kinders hulself in die buiteland bevind nie. Trouens, die verste is ʼn gemaklikste 20 minute ry van ons af. Nou egter is die twintig minute ʼn bykans onoorbrugbare kloof en die verlange word net meer en meer.

Ons is gemaak vir intimiteit, verhouding, koinonia, interpersoonlike verkeer, raak, druk, soen, vashou en  omhels.

God het ons so gemaak omdat dit is hoe Hy is.

Hy begeer ons omhelsing, ons aanbidding, aanraking en nabyheid. As Hy Homself as Abba, Vader openbaar, kom die beeld van ʼn Pa en kind by ʼn mens op.

In ons verhouding met Hom, soos op aarde, ontgroei ʼn mens nooit jou kindskap nie. Jy kan ver gevorder wees in jare maar as jou ouers, as hulle nog lewe na jou verwys en aan jou dink, is dit binne kind konteks.

So is dit ook met ons Hemelse Vader gesteld. Ons is sy kinders. Hy geniet dit as ons naby is, selfs speels naby is. Ons word te gou groot, swaarmoedig, beswaard, dra die hele wêreld op ons skouers so asof die Here ons daarvoor geroep het.

Die kinderliedjie sê:

Hy hou die hele wêreld in sy hand.

Die grote dinosourus,

die kleinste fynste baba,

vir mamma en vir pappa ook ouma en oupa.

Ook vir my hou Hy in sy hand.

Die berge maak Hy, die heuwels daarby, die see en alles daarin.

My God is so groot, so sterk en so magtig, daar is niks wat my God nie kan doen.

Wil jy nie vandag by by jou Hemelse Vader kom sit nie?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Yvonne

Amen en Amen