ToekomsVenster: God is vir alle mense goed


hande-sparkler

Foto: Unsplash/Pixabay.com

Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie. – Psalms 138:8

Die lewe is onseker. Dis onvoorspelbaar en somtyds ontwrigtend.

ʼn Mens wonder dikwels hoe mense wat die Here nie ken of erken nie deur elke dag kom. Waar vind hulle die krag vir die uitdagings van die lewe? Dalk leef hulle juis uit die krag wat God gee sonder om aan Hom die erkenning te gee. Die suurstof wat mense inasem, of hulle glo of nie, kom tog van God. In die teologie praat ons van algemene genade.

God is vir alle mense goed. Selfs mense wat Hom nie erken nie. Dit vergroot die arrogansie dat ongelowiges God kan ontken en selfs aktief kan weerstaan.

Dis ʼn heerlike voorreg om vanuit die vertroue te kan werk dat God sorg. Alles werk ten goede vir dié wat Hom liefhet. Hy stel nie teleur nie. Uiteindelik werk alles uit. Uiteindelik maak die legkaart sin. God mors nie met sy kinders nie. Hy neem hulle baie ernstig op.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dankie ·

Dankie vir hierdie boodskap. Dit beteken vir my vandag besonders baie nadat ek slegte nuus gekry het by die dokter.

al ·

Amen daarop! selfs as mens terugkyk na n storm dan wonder jy hoe jy daardeur gekom het en als net met God se genade!

Adriaan Louw ·

Ek het net gekom vir die verlore kinders van Israel -Jesus Christus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.